As die skrywer van Handelinge, boekstaaf Lukas die verstommende gebeure wat op Christus se hemelvaart gevolg het. Reg aan die begin word daar sommer drieduisend siele by die jong kerk in Jerusalem gevoeg!
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
(Ruth: Experiencing a Life Restored, bl. 39, Week 2: Dag 2)
Bekering is ’n verandering van binne na buite; dit is beide innerlik en uiterlik. Dit raak elke deel van ons. Wanneer ons ons bekeer, verander ons van koers. Ons draai weg van die gesindhede en waardes wat ons vroeër gehad het en draai in plaas daarvan na God toe. (Ruth: Experiencing a Life Restored, bl. 39, Week 2: Dag 2)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
Petrus het die skare opgeroep om hulle te bekeer en gedoop te word. Het jy al na Christus gedraai en jouself ten volle as ’n gelowige geïdentifiseer? Indien nie, maak vandag die dag. Indien wel, wie van jou familie of vriende moet hierdie besluit neem? Spandeer ’n paar oomblikke om vir hulle te bid.
1
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?