Vervul met die Gees, verkondig Petrus en Johannes Jesus vrymoedig voor die Joodse Raad. Die vuur van hulle getuienis versprei, tesame met ’n heilige ontsag.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Waar is jy geneig om eerder op jou eie vermoëns of reputasie te vertrou as op die Naam van Jesus alleen? Lê daardie deel van jou lewe vandag in volle oorgawe voor Hom neer.
Nie een van ons kan selfs ’n enkele persoon red nie – of dit nou die mees liefdevolle en getroue Christen-ouer, die edelste leraarof die mees onbaatsugtige mens is nie. Sonder enige twyfel is die Naam van Jesus die heel hoogste. (Nancy DeMoss Wolgemuth in in Consider Jesus, bl. 116, 25 Desember)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in in Consider Jesus, bl. 116, 25 Desember)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?