Aanskou die leë graf! Johannes se evangelie sluit af deur vir ons ’n reeks reaksies op die opstanding van Christus te wys – van Maria se geloof tot Tomas se twyfel.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoor hoe Jesus vandag vir jou persoonlik vra: “Het jy My lief?” Hoe dring jou liefde vir Hom jou tot hernude gehoorsaamheid en aanbidding?
Christus is die beloofde Profeet, deur God gesalf en gestuur om die wil, planne en die hart van God aan ons bekend te maak. Ons vind dit in die Skrif, en dit word deur die Heilige Gees aan ons geopenbaar. Ons opdrag is nou om na Hom te luister, Sy Woord te glo en te gehoorsaam, en dit aan ander uit te dra. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 80, Dag 16)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 80, Dag 16)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?