Jesus spreek die godsdiensleiers skerp aan en waarsku hulle onomwonde. Hy vlek hulle skynheiligheid oop en wys hoe noodlottig hoogmoed en die verwerping van God se waarheid is. Terwyl Hy die pad vorentoe aandui, spoor Hy ons aan om waaksaam, getrou en gereed te wees. In afwagting op Sy koms, moet ons vol hoop en in gehoorsaamheid lewe.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Op watter maniere voel jy dalk dat jy 'beter' as ander mense is, selfs sonder dat jy dit regtig agterkom? Hoe kan jy hierdie hoogmoed voor die voete van die Here neerlê?
Net soos die Fariseërs, is ons meesters daarin om onsself op die skouer te klop oor die sondes wat ons nié doen nie, terwyl ons die vuilheid in ons eie harte sommer as onbenullig afmaak. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Holiness, bl. 144, Hoofstuk 7)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Holiness, bl. 144, Hoofstuk 7)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?