Jesus ry Jerusalem triomfantlik binne en vervul sodoende Sagaria se profesie deur op ’n donkie te ry. Terwyl Hy die tempel reinig en mense met gelykenisse leer, openbaar Hy God se genadige uitnodiging. Hierdie uitnodiging word selfs aan tollenaars en prostitute gerig, terwyl Hy terselfdertyd ernstig waarsku oor die gevolge vir dié wat die Seun van God verwerp.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Watter een van Jesus se gelykenisse staan vir jou uit, en wat verklap dit oor die koninkryk van God?
Al het die wêreld ’n tydjie geneem om Sy koms raak te sien, het dit gou bo alle twyfel geblyk dat daar Iemand nuut onder hulle was – Iemand soos geen ander nie. Dít is die rede vir die Hosanna-gejuig tydens Jesus se triomfantlike intog, vir die bloedige kruis van Goeie Vrydag, en vir die oorstelpende vreugde en verwondering van Paasmôre. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Born a Child and Yet a King, bl. 14, 1 Desember)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Born a Child and Yet a King, bl. 14, 1 Desember)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?