Op pad na die kruis word dit in elke gebeurtenis duidelik hoe volmaak God se raadsplan ontvou – van Sy salwing by Betanië tot by Judas se verraad en Sy gebed in Getsemane. Selfs terwyl Hy “doodsbenoud” voel (Matt. 26:38) , onderwerp Jesus Hom ten volle aan Sy Vader se wil.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe daag Jesus se onderwerping in hierdie hoofstukke jou uit oor die manier waarop jy God se plan vertrou?
Jesus het met ’n baie spesifieke doel na die aarde toe gekom: om die wil van God te gaan doen. Dit het van Hom gevra om Sy liggaam as ’n offer aan te bied. Hy het nie vir een enkele oomblik teen Sy Vader se wil in opstand gekom nie. Tussen die Vader en die Seun was daar nooit eers die geringste sweempie van ’n magstryd of ’n gestoei om beheer nie – daar was slegs volkome en blymoedige oorgawe. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Surrender, ble. 146–147, Hoofstuk 7)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Surrender, ble. 146–147, Hoofstuk 7)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?