Terwyl Jesus op pad is na Jerusalem, berei Hy Sy dissipels voor op dit wat Hy binnekort sal moet verduur. Wanneer hulle ’n plek van aansien in Sy koninkryk soek, wys Hy hulle weer op die kern daarvan deur Sy eie missie as voorbeeld te gebruik: “So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” (Matt. 20:28) .
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Op watter maniere word jy versoek om erkenning of status na te jaag eerder as om Christus te volg deur onselfsugtig te dien?
As kinders van God word ons al hoe meer aan Chrisus, ons Broer, gelykvormig.Stadig maar seker begin ons al hoe meer na ons ewige familie lyk. Ons lewens word toenemend gekenmerk deur dieselfde eienskappe wat in Jesus sigbaar was: nederigheid, 'n hart wat wil dien en 'n bereidwilligheid om ter wille van ander te ly. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Revive My Heart, bl. 42, 5 Februarie)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Revive My Heart, bl. 42, 5 Februarie)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?