Jesus, ons Messias, is oor ons oortredings deurboor en soos ’n lam na die slagplek gelei. Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Watter profesie oor Christus in Jesaja 53 tref jou vandag opnuut en vul jou hart met dankbaarheid?
Hierdie Een wat soos ’n”'jong loot” sou groei, sou uiteindelik die oorwinning behaal oor die magtigste vyande in ons lewens: die wrede onderdrukking van Satan, die uitmergelende dieptes van die hel en die beklemmende finaliteit van die graf.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Born a Child and Yet a King, bl. 30, 4 Desember)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?