Lees deur die Bybel, Dag 210

Goeiemôre. Die gehoorsame en onversetlike Dienaar verduur skande en staan oggend ná oggend op om die Vader se stem te hoor sodat Hy óns kan wakker maak.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Jesaja 50-52

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Watter kleed van skande of geestelike sluimering moet jy vandag uittrek?

 

By die kruis het Jesus die lydensbeker van smart en pyn leeg gedrink. Dit was die beker wat elke mens, reg deur die geskiedenis, eintlik verdien het. Hier het oordeel en verlossing mekaar ontmoet. So het Hy dit moontlik gemaak dat die wêreld vergifnis, vertroosting en genesing kan ontvang.

 

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Rahab: Tracing the Thread of Redemption, bl. 100, Week 5: Dag 4)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)