In vandag se gedeelte herinner Jesaja ons daaraan dat die hoë en verhewe Een Sy woning maak by diegene wat nederig en berouvol is. Hy kom om Sy volk met lig en vrede te vervul.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
In Jesaja 58 wys God vir ons hoe ernstig Hy daaroor is dat ons geloof opreg moet wees. Sy begeerte is dat ons ons vreugde in Hom sal vind, eerder as in onsself. Hoe kan jy vandag jou hart in aanbidding op Hom rig?
Uiteindelik sal elke knie buig voor die krag, majesteit en oppergesag van Jesus Christus. Of ons nou gehoor gee aan God se oproep tot nederigheid of nie, ons sál op die ou end verootmoedig word. Hoeveel beter is dit nie om doelbewus die pad van nederigheid te kies sodat God dit kan gebruik om ons al meer na Sy beeld te vorm nie.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Beauty in the Broken, bl. 18, “Thinking Vertically and Horizontally”)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?