Lees deur die Bybel, Dag 209

Goeiemôre, hier is vir jou goeie nuus! Babilon sal val en nooit weer opstaan nie, maar God sal Sion se kinders uit hul ballingskap op Sy skouers huistoe dra – met lofgesange wat weerklink. 

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Jesaja 47-49

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Wat doen dit aan jou om te weet dat die Een wat jou volkome ken, jou ook so diep liefhet dat Hy bereid was om ter wille van jou onherkenbaar vermink te word?

 

Jesus ken ons intiemste gedagtes en diepste verlange. Hy ken ons beter as wat ons onsself ken en Hy verstaan presies wat ons behoeftes is.

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Revive My Heart, bl. 322, 11 November)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)