Lees deur die Bybel, Dag 100

Goeiemôre, [First Name]. “Die wysheid van Salomo” is ’n frase wat baie mense gebruik sonder om te weet waarna dit verwys. Vandag sal ons sien hoe God hierdie wysheid aan Salomo geskenk het—’n wysheid wat uiteindelik ’n heenwysing is na Christus, wat self die wysheid van God is.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

1 Konings 3–5

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Waar in jou lewe moet jy stil staan en God vir Sy wysheid vra, eerder as om net op jou eie insig staat te maak?

 

Goddelike wysheid is oneindig meer waardevol as menslike wysheid. Hý ag baie dinge wat óns verag en verwerp, hóóg. As ons Sý ewige planne tog net kon verstaan, sou ons in vervoering wees oor die volmaaktheid en prag van Sý weë.

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in “Adorned,” p. 261)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)