Lees deur die Bybel, Dag 101

Goeiemôre, [First Name]. Welkom by Koning Salomo se bouperseel! Terwyl hy die reuse-onderneming aanpak om die Here se tempel te bou, beloof God om dit Sy woonplek vir Sy mense te maak indien hulle Hom gehoorsaam.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

1 Konings 6–7

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Die vakmanskap van die tempel het God se heerlikheid weerspieël. Hoe kan jou lewe Sy skoonheid en heerlikheid weerspieël in hóé jy werk, iets skep of ander mense dien?

 

O Here, U louter en vorm die lewens van Ú mense—'n proses wat soms pynlik en harde werk is. Maar U berei ons voor om as “lewende stene” (1 Pet. 2:5) saam te pas en in ’n heilige tempel ingebou te word (Ef. 2:21–22). Amen.

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in die "CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition," p. 325)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)