Goeiemôre, [First Name]. In die laaste oomblikke van sy lewe gee Dawid instruksies aan Salomo en herinner hom daaraan dat hy ’n plegtige verantwoordelikheid het om in getrouheid en gehoorsaamheid met God te wandel. Met Salomo se kroning word die belofte wat aan Dawid gegee is, vervul, en dit is ’n heenwysing na die uiteindelike vervulling van die ewige heerskappy van Koning Jesus.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Salomo se koningskap het 'n ernstige verantwoordelikheid behels. Hoe daag dit jou uit om jóú verantwoordelikhede te sien as iets wat God aan jou toevertrou het?
Wanneer ons praat van ’n perd wat “ingebreek” is, bedoel ons dat sy wil gebreek is – hy is nou inskiklik en onderdanig aan die wense van sy ruiter. In dieselfde gees is ware gebrokenheid die breek van jou eiewilligheid, sodat die lewe en Gees van die Here Jesus vrylik deur jou kan vloei.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in "Brokenness," p. 51)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?