Te midde van oordeel het God voorsiening gemaak vir redding. Noag se gesin het skuiling in die ark gevind totdat die vloedwater opgedroog het. Wees bly oor die feit dat Hy ook vir jou redding voorsiening gemaak het.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Is daar 'n area in jou lewe waarin jy probeer om 'n toring van jou eie identiteit, invloed of beheer apart van God te bou?
As volgelinge van Christus, noem ons dikwels wat vandag in ons wêreld gebeur 'n kultuuroorlog, maar dit is eintlik 'n kosmiese oorlog tussen koninkryke. Die mens wil nie die heerskappy van God erken nie, iets wat teruggevoer kan word na Genesis 3. Ons word gebore met die begeerte om ons eie god te wees. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1Nancy DeMoss Wolgemuth in The Lord’s Prayer: a 30-Day Devotional, p. 13
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Skip to main content
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?