In vandag se leesstuk neem die verhaal 'n skokkendede wending wanneer sonde die hele samelewing begin besmet. Kain het sy broer Abel vermoor en goddeloosheid het oor die hele aarde toegeneem. Te midde van 'n haglike situasie, het God egter genade aan 'n man met die naam Noag bewys.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
In Genesis 7:1 sê die Here vir Noag: “Ek het jou gesien en onder hierdie geslag bevind Ek jou regverdig.” Wat sou dit beteken om volgens hierdie standaard van geregtigheid in vandag se korrupte wêreld te leef?
Wanneer sonde die lewens van mense binnedring, neem dit nie lank om teen mekaar te draai nie. Binne 'n enkele geslag vanaf Adam en Eva se oorspronklike sonde, het hul kinders baklei oor wie belangriker is. Daardie spesifieke dispuut het sleg geëindig (Gen. 4:1–16), maar dit het nie met fisiese geweld begin nie. Dit het begin met 'n oorlog van woorde. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1Nancy DeMoss Wolgemuth in Living Out the One Anothers of Scripture, p. 81
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Skip to main content
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?