Lees deur die Bybel, Dag 299

In vandag se leesstuk sien ons die Vader se oorvloedige, soekende liefde in drie onvergeetlike verhale: ’n herder wat sy een verlore skaap gaan soek, ’n vrou wat na haar verlore muntstuk soek, en ’n pa wat sy verlore seun tegemoet hardloop om hom te omhels.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Lukas 15–16

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Met watter een van die karakters in die gelykenis van die verlore seun vereenselwig jy jou op die oomblik die meeste – die opstandige jonger broer, die trotse ouer broer, of die  vader wat wag?

Die Vaderhart van God reik uit na, smag na, verwelkom en omhels gebroke sondaars. (Nancy DeMoss Wolgemuth in “Humility: Coming to God on His Terms: Broken People,” uitsending 19/9/07)

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in “Humility: Coming to God on His Terms: Broken People,” uitsending 19/9/07)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)