In vandag se leesstuk sien ons hoe Jesus beklemtoon hoe dringend bekering is, hoe Hy oor Jerusalem ween en mense op die Sabbat gesond maak. Hy wys vir ons dat nederigheid, medelye en genade vir dié in groot nood die hart van God se koninkryk weerspieël.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
In Lukas 14 daag Jesus almal wat Hom wil volg uit om eers die koste van dissipelskap te bereken. As jy na jou eie lewe kyk, wat sou jy sê het jy prysgegee om Jesus te volg, en wat het jy alles in die proses gewen?
Wanneer ons ons behoeftes aan God oorgee, word dit iets wat ons aan Hom kan offer - ’n offer wat ons in aanbidding voor Hom kan bring. Wanneer ons dan ook ons diepste begeertes aan Hom oorgee, kyk ons na Hom om in die diepste behoeftes van ons harte te voorsien. Ons vertrou Hom om op Sy tyd en op Sy manier te werk, tot eer van Sy Naam en volgens Sy ewige plan en doel.
(Nancy DeMoss Wolgemuth in Elizabeth: Dealing With Disappointment, bl. 89, Week 6: Dag 2)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
(Nancy DeMoss Wolgemuth in Elizabeth: Dealing With Disappointment, bl. 89, Week 6: Dag 2)
1
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?