In hierdie gedeelte sal jy merk dat die toon verander wanneer die bruid van haar beminde geskei word en na hom begin soek. Te midde van hierdie spanning word ons daaraan herinner dat die "liefde so sterk soos die dood" is.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Die bruid is eerlik en weerloos oor haar emosies. Hoe kan jy jou ware gevoelens — jou verlangens, vrese en hoop — sonder enige huiwering voor God bring?
God het ons lief met ’n standvastige, onblusbare liefde wat nooit ophou nie. Dit beteken daar is niks wat jy kan doen om te maak dat Hy jou minder liefhet nie, en daar is ook niks wat jy kan doen om te veroorsaak dat Hy jou nóg meer liefhet nie. En dít is presies hoe Hy ander deur jou wil liefhê – met ’n passievolle, ewige en volhardende liefde.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in “How to Fall and Stay in Love with Jesus,” 24/3/16)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?