Salomo wys ons daarop dat alles waarvoor ons werk – ons geld, ons goed en selfs die voorreg om dit te kan geniet – eintlik net geskenke uit God se hand is. Hy moedig ons aan om vrede te vind in dit wat Hy vir ons gee, pleks daarvan om onsself moeg te maak met 'n eindelose gejaag na rykdom.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Is daar tye in jou lewe wanneer jy bloot rykdom of sukses najaag, pleks daarvan om dit te ontvang as 'n seën wat jy kan geniet en met ander kan deel?
Soms word die gevolge van ons sonde eers maande of jare later sigbaar; soms kom dit eers in die volgende geslag na vore, en party gevolge sal uitgestel word tot die dag wanneer ons voor God by die regterstoel staan.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Lies Women Believe, bl. 97, Hoofstuk 4)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?