Lees deur die Bybel, Dag 192

In die eerste deel van Prediker reflekteer Salomo oor hoe vinnig die lewe verbygaan en hoe leeg dinge soos plesier, besittings en werk 'n mens eintlik kan laat voel. Maar tussen al hierdie gedagtes deur herinner hy ons ook aan hoe wonderlik die verloop van tyd en die groot geskenk van vriendskap is; ook hoe belangrik dit is om net die eenvoudige dinge wat God vir ons gee te waardeer en te geniet.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Prediker 1-4

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Salomo beskryf baie van ons menslike strewes as 'n “gejaag na wind” of as iets wat heeltemal sinloos is. Is daar dinge in jou eie lewe wat vir jou leeg of betekenisloos sou voel as jy dit sou najaag sonder dat die Here daarvan deel is?

 

O Here, hoe dankbaar is ek nie vir die eenheid en gemeenskap wat ek met U en met ander kan beleef danksy dit wat Jesus vir ons gedoen het nie. Mag my lewe ander daarna laat smag om in 'n verhouding met U en U mense te staan.

 

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in die CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition, bl. 693, Prediker 4)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)