Vandag se hoofstukke stel ’n duidelike kontras tussen die wyse en die dwase voor. Let veral op die klem wat op die krag van woorde geplaas word: dit wat ons sê kan bemoediging en begrip bring, of dit kan onenigheid en vernietiging saai. Bring jou woorde lewe vir die mense rondom jou?
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Kan jy tye onthou toe jou woorde skade, verwarring of verdeeldheid veroorsaak het? Hoe kan jy volgende keer met wysheid reageer wanneer ’n soortgelyke situasie opduik?
Geestelike oorwinning word behaal wanneer ons die waarheid praat. Die effek van waarheid is blywend, en die wat verneuk sal vergaan. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
(Nancy DeMoss Wolgemuth in The Power of Words, bl. 22, Dag 10)
1
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?