Lees deur die Bybel, Dag 185

Terwyl ons vandag verder in Spreuke lees, sien ons hoe Salomo wysheid as ‘n vrou voorstel. Hy vertel ons van haar hartlikheid. Hy deel ook haar insigte en haar waarde. Haar feesmaal is die teenpool van die dwase vrou s’n. Dwaasheid lyk dalk aanloklik, maar dit kan geen blywende bevrediging bied nie.

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Spreuke 8-11

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Hoe reageer jy wanneer wysheid roep – raak jy stil om te luister en daarvolgens te handel, of steur jy jou nie daaraan nie?

 

Die beperking van die hoeveelheid woorde wat ons gebruik, verminder die geleentheid vir en versoeking om te laster.  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


(Nancy DeMoss Wolgemuth in Adorned, bl. 124, Hoofstuk 6)

 

1 


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)