Die donker nalatenskap van koning Jerobeam beklemtoon die gevaar van ongehoorsaamheid. Hy word die eerste in ’n lang reeks konings wat God se mense diep in afgodery inlei. Tog sien ons, selfs in daardie duisternis, steeds grepe van genade: niks kan God verhinder om Sý plan uit te voer nie.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe kan ’n waarskuwing in God se Woord jou daarvan weerhou om ’n fout te begaan met ernstige langtermyngevolge?
Gehoorsaamheid aan God is nie ’n manier om jou wil op Hom af te dwing nie. Jy is nie aan Hom gehoorsaam sodat Hy jou lewe makliker kan maak nie. Jy is aan Hom gehoorsaam omdat Hy Gód is. Hy is soewerein. Hy is jou gehoorsaamheid waardig. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Elizabeth: Dealing with Disappointment, p. 24)
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?