Goeie môre, [First Name]. Salomo se rykdom en sy prestasies het wêreldwye aandag geniet. Maar mettertyd het hy die Bron van sy seëninge begin vergeet, en hierdie wysste, rykste man in die wêreld het ’n dwaas geword omdat hy God se Woord nie gehoorsaam het nie.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Is daar areas in jou lewe waar die strewe na meer (rykdom, status, plesier, ens.) jou fokus van God afgetrek het?
O Here, mag ek niks of niemand bo U liefhê sodat my hart nie van U af wegdraai om agter ander gode aan te loop nie. Beskerm my hart sodat ek my heelhartig aan Ú kán toewy. Amen.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in die "CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition," p. 334)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?