Ná vertragings, teenstand en jare se voorbereiding is God se belofte nou vervul, en Dawid word uiteindelik koning. Hierdie is God se man, wat deur Hóm in hierdie posisie geplaas is om Sy doel te vervul en in Sy koninkryk te dien.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Dawid het besef dat sy posisie, invloed en werk aan God se koninkryk behoort, en nie aan sy eie nie. Hoe raak dit die manier waarop jy ander dien of die wyse waarop jy die rolle wat God jou toevertrou het, bestuur?
Wanneer ons op die regte dinge fokus en in die regte rigting kyk, sal dit ons moed en troos gee, selfs te midde van die warboel rondom ons. Dit is van kardinale belang dat ons die Here bly dien, veral wanneer tye stormagtig, verwarrend, verdorwe en goddeloos is. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1Nancy DeMoss Wolgemuth in Heaven Rules, p. 178
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?