Lees deur die Bybel, Dag 9

Na jare se wedywering en gekonkel vir sy gesin se seën, het Jakob 'n lewensveranderende ontmoeting met God gehad wat hom met 'n nuwe afhanklikheid van die Here en 'n nuwe naam gelaat het. Met 'n versagte hart het hy Esau gaan ontmoet, sy verlede in die oë gekyk en stadig huis toe gegaan.

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Genesis 31–34

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Waar in jou lewensverhaal het God jou swakheid gebruik om jou 'n groter afhanklikheid van Hom te leer?

In die stilte van daardie lang nag het Jakob met alle mag gestoei, totdat hy uiteindelik uitgeput was en besef het hy sou God nooit kon beheer nie. Met sy wil gebreek, sy heup uit potjie, sy naam verander, het Jakob uit daardie goddelike ontmoeting as 'n nuwe man te voorskyn gekom.  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1Nancy DeMoss Wolgemuth in A Place of Quiet Rest, p. 72


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)