In vandag se leesstuk begin ons die boek Josua. In hoofstukke 1–4 sien ons hoe God Josua oproep om moedig te wees, God se genade aan Ragab en die oorsteek van die Jordaanrivier.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
In Josua 4 beveel die Here Israel om gedenkstene op te rig as herinnering toe die Here hulle deur die Jordaanrivier gebring het. Dit is goed vir ons om ook “gedenkstene” in ons lewens te hê; herinneringe aan die Here se getrouheid en voorsiening. Neem vandag tyd om te dink aan 'n spesifieke geleentheid waar jy God se getrouheid ervaar het en loof en prys Hom daarvoor.
God demonstreer Sy genade en barmhartigheid in Ragab se lewe. Dit wys ons op die hoop van die evangelie. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1Nancy DeMoss Wolgemuth in "Rahab: Tracing the Thread of Redemption," p. 59
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Skip to main content
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?