Moses nader die einde van sy lewe. Binnekort sal die Israeliete nie meer sy stem hoor nie, maar die lied wat hy agterlaat, sal vir geslagte lank in hul harte weerklink.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
In Deuteronomium 32:6 (1953-vertaling) vra Moses die volk: "Is Hý nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hý jou nie gemaak en jou toeberei nie?" Neem vandag tyd om na te dink oor die maniere waarop jy kon sien hoe die Here jou onderhou.
Hierdie onwrikbare standvastigheid van God is nie iets wat ons met vrees of bewing moet inboesem nie. Dit is eerder 'n kosbare geskenk, die “geseënde versekering” dat, ongeag hoe onbetroubaar die mense om ons is, ongeag hoe onstabiel ons eie lewenspad is, of hoe dikwels of hoe ver ons ook al mag val, God sal altyd daar wees, altyd getrou, altyd betroubaar. —Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1Nancy DeMoss Wolgemuth in "Choosing Gratitude," p. 116
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Skip to main content
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?