God verpletter eeue van skeiding wanneer ’n nie-Joodse huishouding die Heilige Gees ontvang. Van hierdie oomblik af begin die evangelie na elke nasie, stam en taal versprei.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Waar vra die Here jou dalk om van ’n siening of vooroordeel af te sien waaraan jy al lank vashou sodat Sy evangelie ongehinderd deur jou kan werk?
O Here, lei my deur U Gees. Help my om te wag en te luister totdat verwarring plek maak vir duidelikheid en om dan in geloof uit te stap. Help my om my aan U plan oor te gee, selfs al vra dit dat ek moet afsien van sieninge oor U weë waaraan ek al lank vashou. Mag gebed plek maak vir lof, terwyl U U Kerk bou en U heerskappy en regering oor die hele aarde uitbrei. (Nancy DeMoss Wolgemuth in the CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition, bl. 1175, Handelinge 10:28–35)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in the CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition, bl. 1175, Handelinge 10:28–35)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?