Lees deur die Bybel, Dag 304

Johannes begin sy Evangelie deur die ewige Woord bekend te stel wat mens geword het. Sy weergawe van die een wonderwerk na die ander nooi ons uit om te glo dat Jesus werklik die Seun van God is!

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Johannes 1–3

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Wie se stem dra vandag gewig in jou lewe? Hoe kan jy enige invloed wat jy het – groot of klein – gebruik om ander duidelik en eenvoudig na Jesus te wys?

Toe die wyn opraak, het Maria die dienaars na Jesus toe verwys: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Sy het haar invloed aangewend om ander na Jesus te wys en hulle aan te spoor om Hom te gehoorsaam en te volg. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Revive My Heart, bl. 131, 4 Mei)

 

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Revive My Heart, bl. 131, 4 Mei)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)