Lees deur die Bybel, Dag 30

Na die uitgebreide toewyding van die priesters het Aäron se seuns hul priesterlike amp en roeping geskend, en God se instruksies geminag en geïgnoreer. In 'n skokkende vertoon van God se heiligheid is hulle deur die vuur en teenwoordigheid van God verteer.

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Levitikus 10–13

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Wanneer jy aan God se heiligheid dink, word jy tot dieper eerbied en gehoorsaamheid gedryf? Of loop jy die gevaar om selfvoldaan te word?

Vir die aanbidders in die Ou Testament was die omvattende voorskrifte om met sonde en skuld af te reken, 'n daaglikse werklikheid. Dit het alles ingesluit: van seremoniële reinigings en die offer van diere tot bloedvergieting en die bring van offers. Weer en weer en weer. Maar hierdie rituele was simbolies bedoel om vooruit te wys na die afgehandelde werk van Christus aan die kruis. —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, p. 179


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)