Die verhaal van Maria en Marta herinner ons daaraan dat diens wel belangrik is, maar dat ons heel eerste prioriteit is om aan Jesus se voete te sit. In ’n wêreld wat ons gedurig jaag om meer en meer te doen, nooi Jesus ons uit om tot stilstand te kom, na Sy Woord te luister en sommer net voluit in Sy teenwoordigheid te wees.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
As jy terugkyk na die week wat verby is, het jy werklik tyd gemaak om in Jesus se teenwoordigheid te wees? Hoe kan jy vandag doelbewus tyd daarvoor inruim?
Om ’n intieme verhouding met die Here te kweek, vra ’n doelbewuste keuse. Dit is ’n besluit om tyd aan Sy voete deur te bring en na Sy Woord te luister, selfs wanneer daar soveel ander goeie dinge is wat jou aandag probeer opeis. Dit is die keuse om Hom bo alles eerste te stel in jou besige lewe. (Nancy DeMoss Wolgemuth in A Place of Quiet Rest, bl. 44, Hoofstuk 2)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in A Place of Quiet Rest, bl. 44, Hoofstuk 2)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?