Lees deur die Bybel, Dag 293

Wanneer Jesus na Sy tuisdorp terugkeer, gee Hy onderrig in die sinagoge en lees ’n Messiaanse gedeelte uit Jesaja voor. Hy verklaar onomwonde dat God se belofte van verlossing in Hom vervul is. Hoewel die mense aanvanklik verstom is oor Sy genadige woorde, verander hul verbasing gou in woede wanneer Hy beklemtoon dat God se seën ook vir die nie-Jode bedoel is

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Lukas 3–4

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Het jy al onbegrip of verwerping ervaar van die mense wat die naaste aan jou is? Hoe beïnvloed Jesus se eie ervaring van verwerping die manier waarop jy daarop reageer?

Die hemel was nooit vir Hom gesluit nie, en Jesus het nooit God se guns verbeur nie. Maar daar by die Jordaan het Hy die salwing van die Heilige Gees en die hoorbare seën van Sy hemelse Vader ontvang. Dit was die oomblik wat die begin van Sy aardse bediening amptelik ingelui het. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 47, Dag 8)

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 47, Dag 8)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)