Die kontras is skerp. Terwyl Jesus se vyande planne smee om Hom dood te maak, stap Hy vrywillig na die kruis om Sy lewe af te lê. Selfs toe Hy verraai, gevange geneem en verloën is, het Jesus in beheer gebly – heeltemal oorgegee aan Sy Vader. Op dié manier bring Hy juis die verlossing waaraan Sy vyande onwetend help bou het.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe gebruik God dalk juis die teenkanting of uitdagings wat jou lewe nou moeilik maak om jou karakter te vorm en Sy planne te verwesenlik?
Hulle het presies geweet wat hulle doen toe hulle die wet, in hul haas om te oordeel, verbreek het. Jesus het egter óók presies geweet wat Hy doen. Hy het Sy lewe gegee vir oortreders – 'die onskuldige vir die skuldiges, om hulle na God te bring’” (1 Pet. 3:18) . (Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 112, Dag 23)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Incomparable, bl. 112, Dag 23)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?