Wanneer Jesus verduidelik dat die Seun van die mens baie moet ly, doodgemaak moet word en ná drie dae moet opstaan, bestraf Petrus Hom. Jesus reageer deur Petrus (en vir ons almal) op te roep tot ’n dieper begrip van wat dit beteken om ’n dissipel te wees. Hy dring daarop aan dat enigeen wat Hom wil volg, homself moet verloën en sy kruis moet opneem.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe sou dit vandag prakties lyk om jouself te verloën en jou kruis op te neem, terwyl jy die uitdagings en die prys om Christus te volg, ten volle aanvaar?
Wanneer God ons roep om ons lewens as ’n offer op die altaar te lê, beteken dit dat ons alles wat ons is aan Hom oorgee – ons regte, ons reputasie, ons begeertes en ons toekomsplanne. Dit behels elke aspek van ons menswees – eerstens as ’n lewenslange toewyding, en daarna dag vir dag, oomblik vir oomblik en besluit vir besluit. (Nancy DeMoss Wolgemuth in Surrender, ble. 96–97, Hoofstuk 4)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Surrender, ble. 96–97, Hoofstuk 4)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?