Markus trek ons met sy vinnige vertelstyl sommer dadelik dieper in Jesus se bediening in. Ons sien Sy gesag in aksie wanneer Hy mense leer, storms stilmaak en genesing en lewe bring. Elke ontmoeting getuig van Sy lewensveranderende krag.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe moedig hierdie gedeeltes jou aan om Jesus se gesag te vertrou in die uitdagings wat jy vandag in die gesig staar?
Jesus weet goed dat die eintlike probleem in my en jou lewe nie die pyn is wat ons ervaar nie – hoe werklik daardie seerkry ook al mag wees. Die werklike kwessie is ons sonde en die feit dat ons van God verwyderd is. As daar eers met dít afgereken word, sal daar ook op ander terreine van ons lewens genesing volg. (Nancy DeMoss Wolgemuth in “His Healing Touch: You Can Be Set Free,” uitsending 5/8/25)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in “His Healing Touch: You Can Be Set Free,” uitsending 5/8/25)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?