In Esegiël 1–20 roep God Sy volk om van sonde af weg te draai en hulle te bekeer. Dit is die enigste pad na lewe en na harte wat vernuwe is in die kennis van en eerbied vir Hom.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Is daar terreine in jou lewe waar God jou roep om jou te bekeer en van sonde af weg te draai? Neem ’n paar oomblikke om daaroor te bid en dit voor die Here te bely.
Nancy DeMoss Wolgemuth: Deur God se genade hoef ons nie slagoffers te wees nie. Ons kan beheer hoe ons reageer op die omstandighede wat Hy in ons lewens toegelaat het. (In Lies Women Believe, bl. 295, Hoofstuk 12)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(In Lies Women Believe, bl. 295, Hoofstuk 12)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?