Te midde van die beleëring en gevangenskap het Jeremia ’n veld gekoop. Dit was ’n teken van hoop dat huise en landerye weer in hierdie land gekoop sou word. Al was hulle deur duisternis omring, sou dit nie die einde wees nie!
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Het jy al ooit in geloof vorentoe getree en op God se beloftes vir die toekoms vertrou? Hoe het dit gelyk?
Nancy DeMoss Wolgemuth: Die Here het vir Jeremia opdrag gegee om iets te doen wat absurd geklink het. Hy moes ’n gedeelte van ‘n plaaslike eiendom koop. Daarmee moes hy aan Sy volk oordra dat Hy hulle op ’n goddelike vasgestelde tyd in die toekoms na hulle vaderland sou terugbring. Die profeet het gedoen wat vir hom gesê is. Hy het geweet dat God nog altyd Sy woord aan Sy volk vervul het. (In Consider Jesus, bl. 127, 27 Desember)
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1In Consider Jesus, bl. 127, 27 Desember
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?