Verweef tussen al hierdie waarskuwings is ’n verrassende belofte: selfs nasies wat tans onder die oordeel staan sal eendag na die Here terugkeer en Sy vrede ervaar. Al is God se geregtigheid ’n onbetwisbare feit, is Sy begeerte om te genees en te verlos net so ’n sekerheid.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Wat verklap God se bereidwilligheid om selfs Sy vyande te genees en te verlos oor Sy karakter?
God is barmhartig. Laat ons dankbaar wees.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Choosing Gratitude, bl. 117, Hoofstuk 7)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?