'n Opregte en getroue vriendskap is goud werd. Ware vriende is bereid om jou liefdevol tereg te wys wanneer dit nodig is. Al voel daardie “wonde” aanvanklik seer, is dit juis wat nodig is vir groei en om verhoudings te laat floreer.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Hoe reageer jy gewoonlik wanneer ’n goeie vriend jou teregwys of jou wys op iets waaraan jy moet werk? Is daar dalk ’n area waarin jy tans weerstand bied teen liefdevolle, opbouende terugvoer?
Wanneer ons saam met ons medegelowiges in die lig leef, kan hulle ons help om daardie areas in ons lewens raak te sien waar ons nog nederig voor die Here moet buig. “Die eerlikheid van iemand wat jou waarlik liefhet is waardevol om ons op ons geestelike blindekolle te wys."
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Brokenness, bl. 124–125, Hoofstuk 6)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?