Lees deur die Bybel, Dag 188

Wanneer ons met wysheid optree het dit ’n rimpeleffek op die mense rondom ons. Hierdie spreuke spoor ons aan om die hand uit te steek na die armes, teen onreg op te staan en ander met opregtheid en eerlikheid te behandel. Dink ’n bietjie na oor hoe God se geregtigheid en leiding nie net ’n impak op jou as persoon het nie, maar ook op die groter gemeenskap waarin jy leef.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Spreuke 19-21

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Hoe beïnvloed jou alledaagse optrede die mense om jou – hetsy positief of negatief?

 

Indien een van die seëninge van dankbaarheid is dat dit ons oor die algemeen gelukkiger maak, dan beteken dit dat ons dankbaarheid ook ‘n effek op die mense saam met wie ons leef het en dat dit hulle ook gelukkiger gaan maak.

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Choosing Gratitude, bl. 205, 30-Day Devotional Guide, Dag 21)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)