Volgens vandag se psalms is daar 'n God verhewe bo die hemel en aarde wat Sy oë—en Sy hart—op Sy mense gerig het. Verbly jou, gelowige, want dit sluit jou in!
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Dikwels slaag ons nie daarin om ons ware armoede raak te sien nie. Tog sê Psalm 113:7: “Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan.” Dink na oor die voorreg dat die Here jou uit jou hulpelose toestand lig en jou saam met Christus laat sit. Hoe kan jy vandag jou dankbaarheid vir Sy barmhartigheid en genade beter uitdruk?
Die hart van die evangelie, die essensie van die kruis, is die Here Jesus wat Sy arms wyd oopsprei en sê: "Ek wil hê jy moet saam met My huis toe kom."
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Adorned, p. 222)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?