Ons begin vandag die derde boek van die psalms. Dit herinner ons daaraan dat, hoewel ons dalk nie verstaan waarom God toelaat dat die goddeloses voorspoedig is nie, Sy teenwoordigheid ons grootste bate bly.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Psalm 71 omvat 'n volle leeftyd—van geboorte tot op ouderdom. Watter seën kan jy verkry deur aandagtig te luister wanneer ouer gelowiges die Here prys en Hom om hulp aanroep?
O Here, lê asseblief daardie laste en verdrukkinge op my wat U weet nodig is om my hart voor U nederig en heilig te maak. Amen.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in die "CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition," p. 587)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?