Lees deur die Bybel, Dag 146

In vandag se leesstuk begin ons met die lees van die boek Ester. Hoofstukke 1–3 vertel hoe koning Ahasveros, nadat hy koningin Vasti uit haar pos as koningin onthef het, Esther, 'n Joodse vrou, as die nuwe koningin gekies het. Terselfdertyd word Haman, 'n hoë amptenaar, woedend wanneer Mordegai weier om voor hom te buig. Hy begin dan planne maak om al die Jode regdeur die koninkryk te vernietig.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

Ester 1–3

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Haman het beplan om God se volk te vernietig, tog weet ons dat God se beloftes nie kan faal nie. Hoe vorm hierdie waarheid jou vertroue wanneer jy sien dat die kwaad in die wêreld, of selfs in jou eie lewe, veld wen?

 

O Here, wanneer ons dalk voel dat ons vasgevang is in omstandighede buite ons beheer, is ons nie alleen en ook nie vir U onsigbaar nie. U is daar, U hou dop wat met ons gebeur. Dankie dat U heilige doel met ons lewens vervul sál word. Amen.

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in die "CSB Notetaking Bible, Revive Our Hearts Edition," p. 486)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)