In vandag se leesstuk begin ons met die boek Esra. In hoofstukke 1–4 sien ons hoe die Here die hart van koning Kores roer. Hy stel die Jode wat in ballingskap is in staat om na Jerusalem terug te keer, die tempel te herstel en die heilige voorwerpe terug te eis. Die volk reageer met blydskap en gehoorsaamheid, maar hulle staar gou teenstand van omliggende groepe in die gesig, en sodoende word die werk tot stilstand gebring.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Oordenking
Vandag se leesstuk gee ons 'n kragtige beeld van hoe die koning se hart in die hand van die Here is (Spr. 21:1). Waarom is dit vertroostend om te weet dat selfs die harte van heersers in God se hand is?
Wanneer jy “gevange gehou word” in omstandighede buite jou beheer (selfs al is jy te blameer), is jy nie alleen nie. Jy mag voel dat jy vasgevang is sonder 'n uitweg, maar jou hemelse Vader is daar. Die Here hou dop wat met jou gebeur en neem waar hoe jy te werk gaan. Met verloop van tyd sal God jou vyand se planne verydel en Sy heilige doel met jou lewe vervul.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Esther: Trusting God’s Plan, p. 43)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?