Lees deur die Bybel, Dag 132

Terwyl Salomo die tempel aan die Here wy, bid hy die langste opgetekende gebed in die Bybel. Hy erken God se grootheid, vra vir Sy teenwoordigheid, pleit vir vergifnis, bid vir vreemdelinge, en vra  vir God se hulp.

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

2 Kronieke 15–18

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Dink na oor al die temas wat Salomo se gebed ingesluit het. Wat leer dit jou oor jou eie gebede? Is jou gebede geneig om slegs op jou te fokus, of sluit dit God se groter planne in?

 

Díe kernpunt is: dis God se genade wat ons red, nie ons vermoë om gehoorsaam te wees of offers te bring nie. Dít is Hý wat verlossing bring!

 

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in Rahab: Tracing the Thread of Redemption, p. 85)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)