Vandag kom ons by ’n belangrike keerpunt in die Ou Testament: God gebruik die Assiriese ryk om Sy volk vanweë hul geestelike korrupsie uit die land te laat verwyder. Al het hulle vernietiging en ballingskap ervaar, was God steeds aan die werk, en Hy het soewerein oor die nasies en die geskiedenis regeer.
Voor jy begin
Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.
Lees
Oorsig
Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.
Wanneer ons in ander se lewens investeer en die wyse raad en invloed van ander in ons lewens toelaat, sal van die diepste ontmoetings juis plaasvind te midde van menslike swakheid en tekortkominge. Al is ons nog in die proses van heiligmaking, kan Hy ons gebruik as ‘n werktuig van genade in ander se lewens.
—Nancy DeMoss Wolgemuth1
Reageer
Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.
1(Nancy DeMoss Wolgemuth in "Adorned,", pp. 79-80)
Het jy 'n dag gemis?
Kyk na die volledige leesargief
Gedagte om Saam te Neem
Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?