Lees deur die Bybel, Dag 108

Met die aanvang van 2 Konings sien ons die oorhandiging van die profetiese diens. Elisa moet nou sonder Elia aangaan, maar hy sal dit doen met Elia se God aan sy sy. Hy sal getrou en oorwinnend by hom bly—presies soos Hy nog altyd was.

 

 

Voor jy begin

Vra die Here om jou 'n nuwe sin van verwondering te gee terwyl jy Sy Woord lees. Bid vir begrip en vir 'n oop, nederige, gehoorsame hart om te ontvang wat Hy vir jou wil sê.

Lees

2 Konings 1–3

Oorsig

Skryf 'n sin of twee oor wat jy pas gelees het. Dit kan 'n opsomming van die gedeelte wees, of 'n waarneming of hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het.

Oordenking

Wie is of was die ‘Elia’ in jou lewe, en hoe steun jy of sal jy op die Here te steun terwyl jy sonder daardie persoon se leiding voortgaan?

 

 

Trots, in watter gedaante dit ook al opduik, is ’n aanslag op die Hemel se heerskappy, want dit verblind ons om die waarheid oor onsself én God te kan sien of selfs te erken.

 

  —Nancy DeMoss Wolgemuth1

Reageer

Skryf 'n kort gebed, gebaseer op vandag se gedeelte. Dit kan lof, dankbaarheid, persoonlike belydenis, verklaring van die waarheid, of 'n versoek vir jouself, of iemand anders insluit.


1(Nancy DeMoss Wolgemuth in “Heaven Rules,” p. 113–114)


Het jy 'n dag gemis?

Kyk na die volledige leesargief

Gedagte om Saam te Neem

Watter sleutelvers of insig neem jy saam met jou vandag?

Tik asseblief jou e-posadres in (sal nie aan die publiek vertoon word nie)